Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Vragmotorbestuurder vasgetrek ná matrikulant in tref-en-trap sterf

9 November 2021

‘n Vragmotorbestuurder is in Randfontein in hegtenis geneem ‘n week nadat ‘n matriekseun buite Henneman in die Vrystaat doodgery is. 

Die 18-jarige Nathan Greyling van die St Dominic’s College in Welkom is verlede Maandagmiddag as vermis aangemeld. Sy liggaam is Dinsdagoggend 5 kilometer buite Henneman langs die pad gevind.

Stukke van ‘n voertuig se koplamp is op die toneel gevind. 

Die polisiewoordvoerder, kaptein Stephen Thakeng het ná die voorval gesê dit is duidelik dat iemand hom raakgery het en meen dit kon moontlik ‘n tref-en-trap ongeluk wees. Hy sê inligting is opgevolg, wat daartoe gelei het dat die 60-jarige vragmotorbestuurder gister in hegtenis geneem is.

Hy sal na verwagting môre in die hof verskyn op aanklagte van strafbare manslag.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende