6 Maart 2023
Minstens 52 voertuie was vanoggend betrokke in ’n reusebotsing op die M41-hoofweg in Umhlanga in KwaZulu-Natal.
’n Vragmotor het glo beheer verloor en in 15 voertuie ingeploeg.
Die woordvoerder van die Emer-G-Med-nooddienste, Kyle van Reenen, sê verskeie mense, onder wie ‘n swanger vrou, is tydens die voorval beseer.
Geen sterftes is aangemeld nie.
