Die VF Plus het ’n skrywe aan die uitvoerende burgemeester van die Tshwane Metroraad, dr. Nasiphi Moya, gerig waarin duidelikheid gevra word oor ’n onlangse mediaberig wat verwys na gesprekke wat deur die subkomitee oor ongemagtigde ontwikkelings gevoer sou word.
Die Afrikaanse Sondagkoerant Rapport het die afgelope naweek berig dat daar oorweging geskenk word aan die moontlikheid om sekere huise in Kleinfontein te sloop.
LEES OOK: “Berigte dat die Tshwane-metro dit oorweeg om Kleinfontein te sloop, is onwaar”
Die VF Plus se koukusleier in die Metro, Grandi Theunissen, sê hy wil weet hoe dit gebeur het dat sensitiewe inligting gepubliseer kon word voor daar ’n geleentheid was om dit om amptelik te kommunikeer of aan die raad voor te lê.
Volgens Theunissen bring hierdie gebeure “institusionele vertroulikheid” en die integriteit van regeringsprosedures in gedrang.
Theunissen vra in sy skrywe dat daar ’n verduideliking gegee word oor hoe die inhoud van die gesprekke die media bereik het. Hy versoek ook ’n volledige en ongeredigeerde afskrif van dié subkomitee se verslag en bevestiging dat ’n interne ondersoek na die uitlek van inligting sal plaasvind.
One Response
Intussen het die burgemeesterslid vir behuising Aaron Maluleka presies die teenoorgestelde as die verslag gesê
Volgens hom sal daar saamgewerk word met Kleinfontein om te voldoen.
Die “verslag” lyk eerder soos ‘n voorlopige dokument wat opportunisties deur die media versraai is.