Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Voorwaardes vir Musk se internetdiens in SA veelseggend

Nuuskommentaar: 25 April 2023

Deur: Werner Human

Dit het vandeesweek aan die lig gekom dat Elon Musk, die befaamde entrepreneur en Pretoria-boorling, se Starlink-internetdiens nie in Suid-Afrika opgerig kan word nie mits 30% van die ekwiteitsaandele – die geldwaarde van uitgereikte aandele – volgens die wetsbepalings van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) georden word nie.

Meer direk gestel, die voorwaarde vir die beskikbaarstelling van Musk se Starlink-internetdiens is dat 30% van die eienaarskap van Starlink in Suid-Afrika deur swart mense soos voorgeskryf in die SEB-wette, besit moet word.

Dié wetsbepalings is natuurlik nie teen Musk se Starlink-internetdiens opgestel nie, maar is bepalings wat oor die algemeen geld vir elke internasionale maatskappy wat in besigheid Suid-Afrika wil doen.

ʼn Mens sou dink dat alle versperrings wat in die pad van beleggings staan, wat tot ekonomiese groei sal lei, uit die weg geruim sal word om sodoende te verseker dat die werkloosheidsyfer kan krimp. In president Cyril Ramaphosa se toespraak by die onlangse beleggingskonferensie in Sandton, sê hy: “Wanneer ons praat van beleggings as ʼn instaatsteller van ontwikkeling, staan infrastruktuur in die kern daarvan. Infrastruktuur-ontwikkeling spreek die mees basiese behoeftes van gemeenskappe aan wat ʼn nalatenskap skep wat opkomende geslagte in gebruik sal kan neem.” Ramaphosa is reg, maar hy het nie ʼn enkele woord gerep oor die streng voorwaardes wat met beleggings gepaard gaan nie. Dit is inderdaad die wit olifant in die kamer wat hy weier om in forums soos ʼn beleggingskonferensie met internasionale gaste te noem, maar dis al waaroor hy kan praat by forums soos die Black Business Council.

Wat Ramaphosa en die huidige regeringselite nie besef nie, is dat SEB en ekonomiese groei nie versoen kan word nie.

In die boek van dr. Anthea Jeffreys:  BEE, Helping or Hurting? worddié punt behoorlik tuisgebring. Dr. Jeffreys skryf dat SEB ʼn versperring tot ekonomiese vryheid is, en dat die ware oogmerke van SEB dikwels agterweë gelaat word. Hierdie ware oogmerke word soms verbloem deur slegs te verwys na die beoogde remediërende uitkomste van SEB – om arm swart mense toegang en deelname tot die ekonomie te gee wat vir ʼn meer regverdige samelewing sal sorg. Sy skryf verder dat die drieparty-alliansie, synde die ANC, die SAKP en COSATU, hulle onteenseglik daarvoor beywer om die outonomie van die privaat sektor en ʼn markgedrewe ekonomie af te takel, en in die plek daarvan groter staatsbeheer en mag op te bou.

Dit is onversoenbare vertrekpunte, waar groter staatsbeheer en mag altyd die oorhand teenoor gesonde ekonomiese beginsels kry.  

Die Starlink-internetdiens, wat reeds in lande soos Kenia, Tanzanië en die Demokratiese Republiek van die Kongo in werking gestel word, is bitter nodig in Suid-Afrika waar slegs 8,3% van huishoudings toegang tot die internet het, volgens ʼn opname in 2021 deur Statistieke Suid-Afrika (SSA).

Los die dubbele maatstawwe van die bevordering van die polities verbinde swart-elite en ekonomiese groei, en fokus eerder uitsluitlik op programme wat ekonomiese groei bewerkstellig. Solank as wat die regering nie die onversoenbaarheid tussen SEB en ekonomiese groei kan insien nie, sal SEB slegs ʼn herleier van voorspoed vir ʼn klein elite bly ten koste van vooruitgang vir die land in geheel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WSU_Mthatha

Student by Walter Sisulu-universiteit in Mthatha doodgeskiet

Screenshot 2025-04-15 122837

Omstrede Vrystaatse asbesdak-saak weer in die hof

SONKRAG

Eskom reik tender uit om nuwe maatskappy vir hernubare-energie te begin

NWU

KYK: NWU gevra om “sangoma-ritueel” by Potchefstroom-koshuis te ondersoek

Screenshot 2025-04-14 151010

Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees

Ander Nuus Artikels

0001102308_resized_johnhlophe150820181022copy
John Hlophe mag nie appèl by Grondwethof aanteken nie
640px-03-BICcristal2008-03-26
Graad 4-kind dood ná hy pendoppie insluk
108131625-1744651956550-gettyimages-2205093389-eisen_harvard031725_006
Amerikaanse regering bevries finansiering aan Harvard
WSU_Mthatha
Student by Walter Sisulu-universiteit in Mthatha doodgeskiet
Screenshot 2025-04-15 122837
Omstrede Vrystaatse asbesdak-saak weer in die hof

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende