15 Desember 2021
Die tesourie het uiteindelik voorstelle uitgereik oor hoe mense geld uit hul aftreefondse mag onttrek ten tye van ’n finansiële krisis in hul lewe.
Die voorstelle maak daarvoor voorsiening dat ’n lid van ‘n aftreefonds toegang tot ’n derde van sy aftreefonds sal kan kry.
Dit sal slegs bydraes geld van die datum wanneer die voorstelle wettig word, wat na verwagting 1 Maart 2023 gaan wees.
Dit lyk of die reëls onveranderd gaan bly vir aftreefondsgeld wat tot dan reeds opgebou is, insluitend dat die volle bedrag kontant onttrek sal mag word wanneer mense bedank of van werk verander.
Die tesourie sê die regering is simpatiek teenoor die swaarkry van mense tydens die Covid-19-pandemie en het met reguleerders geskakel om verligting te bewerkstellig