4 April 2024
Die borgtogaansoek van die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula het ‘n kort ruk gelede in die Pretoria-landdroshof geslaag.
‘n Bortogbedrag van R50 000 is deur landdros Anna Oosthuizen vasgestel. Dit kom nadat sy haar vanoggend aan die owerhede oorgegee het.
Sy staan tereg op twaalf aanklagte van korrupsie en een aanklag van geldwassery.
Sy het na bewering betalings van nagenoeg R2-miljoen ontvang gedurende haar tyd as die minister van verdediging en militêre veterane.
Die landdros het beslis dat sy nie ‘n vlugrisiko is nie.
Don't worry Nosiviwe Mapisa Nqakula your friends will be joining you soon after the 29th of May. U won't be alone, especially the ANC President Cyril Ramaphosa will definitely join u without a doubt. Stand firm mama✊ n enjoy ur results#NosiviweMapisaNqakula #PhalaPhalaFarmGate pic.twitter.com/RIHLYouPQ2
— AmaZulu (@manyheavenn) April 4, 2024