4 April 2024
Die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het vanoggend vroeg by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion opgedaag om haar aan owerhede oor te gee.

Mapisa-Nqakula het die afgelope tyd alles in die stryd gewerp om te keer dat sy in hegtenis geneem word. Die parlement het laat gistermiddag bevestig dat Mapisa-Nqakula haar bedanking ingedien het. Volgens haar is haar bedanking nié ‘n skulderkenning nie, maar sal haar die tyd gun om op die ondersoek te fokus.
Haar woordvoerder, Mike Ramagoma het bevestig dat sy nou in die Pretoria-landdroshof op aanklagte van korrupsie sal verskyn, en sal ook na verwagting om borgtog aansoek doen.
Die Nasionale Vervolgingsgesag het aangedui dat hy nie borgtog sal teenstaan nie.