25 Junie 2023
Die DA sê sy voormalige Oos-Kaapse leier, Nqaba Bhanga het 48 uur kans om te verduidelik waarom hy nié geskors moet word nie nadat hy Helen Zille daarvan beskuldig het dat sy ‘n rassis is.
Hy het in ‘n Facebook-inskrywing gesê dat Zille die grootste rassis is wat hy ken en dat sy ‘n dossier het vir elke swart leier binne die DA. Volgens hom het sy die ANC genader om haar te help om van hom [Bhanga] ontslae te raak.
Die DA-leier van die Oos-Kaap, Andrew Whitfield sê Bhanga se bewerings is onwaar.
Volgens hom sal die saak nou verwys word na die party se federale regskommissie vir verdere ondersoek. “Die DA in die Oos-Kaap is uiters teleurgesteld in Bhanga en die bewerings wat deur hom gemaak is.”
Zille het in reaksie op die gebeure gesê dat sy geen idee het waar Bhanga se uitlatings vandaan kom nie.

