2 Junie 2024
Professor Adriaan Pont is vroeër vandag in die ouderdom van 97 oorlede.
Hy was na die uittrede van Dominee Mossie van den Berg die voorsitter van PretoriaFM se direksie en het nog tot onlangs op die direksie gedien.
Die voorsitter van PretoriaFM se direksie, Willie Spies sê hy is dankbaar vir die werk wat Professor Pont oor die jare vir die stasie gedoen het.
Professor Pont was ook verantwoordelik vir die boekstawing van PretoriaFM se geskiedenis van die afgelope 30 jaar.
Hy was ook die destydse dekaan van die Universiteit van Pretoria se Teologie fakulteit.