President Cyril Ramaphosa het sy medelye betuig met die landsburgers, en familie van die voormalige Zambiese president, Edgar Lungu wat gister in die ouderdom van 68 dood is. Volgens die presidensie is Lungu in ‘n hospitaal in Pretoria dood waar hy reeds die afgelope paar weke behandeling ontvang het. Dit is nie bekend waarvoor nie. Lungu was, as deel van die Patriotic Front (PF), Zambië se president vir sewe jaar van 2015 tot 2021. Hy het Michael Sata na sy dood as president opgevolg. Sy dogter, Tasila Lungu-Mwansa, wat ook ‘n parlementslid in Zambië is, het die nuus op haar sosiale media-platforms gedeel. “Hy het uitstekende mediese sorg ontvang en sy privaatheid is gerespekteer.” Amnestie Internasionaal het Lungu as konserwatief beskryf, veral oor sekere menseregte kwessies soos die regte van homoseksuele mense. Foto: Arise News |