22 Oktober 2021
Die voormalige polisiekonstabel van Tembisa, Nomia Ndlovu is in die Palm Ridge landdroshof in Johannesburg skuldig bevind op ses aanklagte van moord, asook aanklagte van poging tot moord, versekeringsbedrog en regsverydeling.
Dit kom nadat sy die moorde op ses van haar familielede, insluitend haar suster tussen 2012 en 2018 georkestreer het. Ndlovu het na bewering R1,4-miljoen rand in lewensversekeringseise ontvang.
Regter Ramarumo Monama het in sy uitspraak gesê dat die staat sy saak bo redelike twyfel bewys het en het Ndlovu se weergawe van die gebeure van die hand gewys. Hy meen die ooreenkomste tussen dié saak en die van Daisy de Melker is skokkend.
Ndlovu se optrede tydens die verhoor het met tye vir groot vermaak, maar ook frustrasie gesorg. Nadat sy vanoggend skuldig bevind is het sy haar baadjie opgelig om haar agterkant vir die kamera te wys.
Stem vir die Aitsa’s