22 September 2024
Die voormalige parlementslid, Koos van der Merwe is vanoggend in die ouderdom van 87 jaar in Die Wilgers-hospitaal in Pretoria oorlede.

Hy het vir 37 jaar tussen 1977 en 2014 as ‘n parlementslid gedien, wat hom een van die langsdienende LP’s in Suid-Afrika se geskiedenis maak. In 1977 is hy vir die eerste keer tot die parlement verkies onder die leierskap van die voormalige eerste minister, John Vorster.
Hy is in 1994 as die IVP se hoofsweep aangestel. Sy seun, Jaco van der Merwe het aan Pretoria FM gesê dat sy pa twee maande gelede in die hospitaal opgeneem is nadat hy geval het.
Volgens Jaco sal mense sy pa onthou as iemand wat diep spore in die Afrikanergemeenskap en politiek getrap het. Hy het op 76-jarige ouderdom ’n doktorsgraad verwerf.
Hy laat sy drie kinders, en 10 kleinkinders na.