2 Mei 2023
Medelye uit akademiese kringe stroom in nadat die visekanselier van die Vaal Universiteit vir Tegnologie, Prof. Dan Kgwadi, Sondagaand in die ouderdom van 56 jaar oorlede is.
Kgwadi was van 2014 tot verlede jaar die visekanselier van die Noordwes-Universiteit in ‘n tyd wat omstrede besluite oor dié universiteit se taalbeleid geneem is.
Die oorsaak van Kgwadi se dood is nie bekend gemaak nie, maar dit was bekend dat hy gesondheidsprobleme ervaar het en ook ‘n diabeet was.
Sy begrafnisreëlings is nog nie getref nie. Die Kgwadi-familie se woordvoerder, Lester Mpolokeng sê die leemte wat hy laat word reeds gevoel. Hy sê Kgwadi het ‘n hart vir jong mense gehad. en het selfs ‘n paar studente geborg sodat hulle kan studeer.
NWU se regsfakulteit, het in ‘n Facebook-inskrywing gesê dat hul geskok is oor sy skielike dood. “Ons gedagtes en gebede is by sy familie.”