23 Januarie 2025
Die voormalige speaker van die Johannesburg-metro, Colleen Makhubele sal binnekort as ‘n parlementslid van die MK-party ingehuldig word.
Sy is in November 2023 uit die politieke party, Cope verwyder. Dié party se leier, Mosioua Lekota het Makhubele afgedank nadat sy die politieke alliansie, SA Rainbow Alliance (Sara) op die been gebring het, terwyl sy nog by Cope betrokke was.
Makhubele het reeds in Augustus by die MK-party aangesluit, en het toe gesê dat sy nie by die party aangesluit het met die doel op enige beskikbare pos nie.
Sy sê daar is geen groter eer as om jou land te dien nie, en dat min mense so ‘n geleentheid kry.