28 Augustus 2024
Drie omstrede voormalige hoofde van staatsinstellings is vroeër vandag as parlementslede van die uMkhonto weSizwe-party ingehuldig.
Die voormalige hoof van Eskom, Brian Molefe, die voormalige hoof van die Passasier Spooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), Lucky Montana en die voormalige Transnet-hoof, Siyabonga Gama is deel van agt van die party se nuutste LP’s wat die eed afgelê.
Hulle inhuldiging volg na weke se interne party beroeringe om die LP’s wat as verteenwoordigers van die party in Mei ingehuldig is, te verwyder.
Die voormalige EFF-lid Mzwanele Manyi sal ook by die MK-party aansluit.
Nazier Paulsen en SInawo Thambo is ook intussen as nuwe EFF-LP’s ingehuldig, nadat Floyd Shivambu uit die party bedank het.