Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het op die sosialemediaplatform X die afsterwe van die voormalige adjunkpresident van Suid-Afrika, David Mabuza, bevestig.
Mabuza is in die ouderdom van 64 oorlede.
Die ANC het sy medelye aan Mabuza se familie, vriende en strydgenote asook die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap betuig. In ’n verklaring beskryf hulle hom as “’n patriot, ’n vryheidsvegter en ’n nederige leier wat met oortuiging gedien het”.
Mabuza was van 2018 tot 2021 die land se adjunkpresident.