Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Voorlopige verslag oor brand by parlement word môre oorhandig

12 Mei 2022

Daar behoort teen môre ‘n duideliker prentjie te wees van die skade wat aan die parlementsgebou aangerig is.

Dit het aan die lig gekom tydens hofverrigtinge van die vermeende brandstigter, Zandile Christmas Mafe, nadat ‘n brand in Januarie groot dele van die gebou in puin gelê het.

LEES OOK: FORENSIESE ONDERSOEKERS VERBIND MAFE MET BEELDMATERIAAL TYDENS BRAND BY PARLEMENT

Volgens die staatsaanklaer in dié saak, advokaat Mervyn Menigo, behoort konsultante vandag met die departement van openbare werke en infrastruktuur te vergader waarna ‘n voorlopige verslag môre aan minister, Particia de Lille, oorhandig te word.

‘n Finale verslag behoort ‘n week later beskikbaar te wees.

Tydens Mafe se verskyning vandag het die hof – onder andere – gehoor dat die brandstigtingsverslae nog uitstaande is omdat die staat se deskundige getuie nog nie toegang kon kry tot die ingenieursplanne nie.

LEES OOK: PARLEMENT SE SPRINKELKLEP NIE GEDIENS NIE, LUIDENS ONDERSOEK

Daar is ook nog nie sekerheid of Mafe ook van terrorisme aangekla gaan word nie, aangesien die staat nog – na twee maande – steeds wag op die magtigingsbrief vanaf die direkteur van openbare vervolgings, Shamila Batohi.

Die saak is tot 9 Junie uitgestel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

CYRIL IVOOR

“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-13 091435
49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom
Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende