24 November 2021
Die portefeuljekomitee van polisie het vandag besluit om verder besprekings te staak oor die voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer weens negatiewe reaksie van die publiek.
AfriForum se veldtogtebestuurder, Jacques Broodryk sê hoewel die organisasie hierdie besluit verwelkom is dit steeds te min. Hy meen hierdie voorgestelde wysigings moet in geheel geskrap word.
Volgens Broodryk moet die minister van polisie, Bheki Cele homself eerder bemoei met die groot hoeveelhede vuurwapens en ammunisie wat sy departement verloor, of onwettig aan kriminele verkoop, eerder as om daarop te fokus om wetsgehoorsame burgers te probeer ontwapen.
Hy sê ander groot kwessies wat onmiddellike aandag kort is die reuse-agterstand by die sentrale vuurwapen registrateur wat aansoeke vir vuurwapenlisensies aanbetref.
Stem vir die Aitsa’s