26 Mei 2022
Die Afrikaanse Taalmonument begin vandag met sy vergadering oor die voorgestelde naamsverandering van dié monument.
Die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa het in ‘n vergadering in Maart vanjaar die voorstel gemaak dat die monument se naam moet verander, om meer inklusief vir almal te wees.
LEES OOK: PROSES BEGIN GLO OM AFRIKAANS UIT TE LAAT UIT DIE TAALMONUMENT
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge wil intussen met Mthethwa rondom ’n onderhandelingstafel sit om te praat oor die wyses waarop taal- en kultuurgemeenskappe in staat gestel kan word om self hul erfenis en monumente te bestuur.
Die besturende direkteur van die FAK doktor Danie Langner sê die sentralisering van erfenisbestuur na gemeenskappe sal tot beter korporatiewe bestuur lei.