Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

Vodacom se hofstryd oor “Please call me”- dienste duur voort

7 Februarie 2024

Vodacom sê hy sal die Grontwethof nader in ‘n poging om ‘n beslissing van die hoogste hof van appèl – dat hy binne ‘n maand ‘n nuwe vergoedingsbedrag aan die uitvinder van die sogenaamde “Please call me”-diens moet voorleê – ter syde te stel.

Die appèlhof het beslis dat Vodacom die vergoeding – met 5% rente per jaar – tussen Maart 2001 en Februarie 2019 moet bereken en dit aan die uitvinder, Nkosana Makate, moet uitbetaal.

Makate het vantevore gesê hy verdien tussen R28-miljard en R110-miljard. Sy regspan eis steeds nagenoeg R20-miljard plus rente.

Volgens die land se grootste selfoon-netwerk-operateur is hy geskok en teleurgesteld met die hof se uitspraak en daarom sal hy die land se hoogste hof nader.

Die appèlhof het Dinsdag nie net Vodacom se aansoek om verlof om te appelleer teen ‘n vorige uitspraak – deur die hooggeregshof in Pretoria – van die hand gewys nie, maar ook dele van dié uitspraak vervang, insluitend die tersydestelling van ‘n bepaling van ‘n uitbetaling van R47-miljoen. 

Foto: SABC

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende