Vloedgolf van slegte globale ekonomiese nuus


Luister nou

Volgende

Vloedgolf van slegte globale ekonomiese nuus

Nuuskommentaar: 23 Junie 2022

Deur: Jaco Kleynhans

Drie ernstige ekonomiese uitdagings is besig om vrese vir ‘n globale resessie te laat toeneem. Stygende inflasie, die oorlog in Oekraïne en die gevolge van die Covid-pandemie, veral China se gesukkel om die siekte daar onder beheer te kry, is besig om ‘n perfekte ekonomiese storm wêreldwyd te veroorsaak. Vir Suid-Afrika as ‘n brose ontwikkelende land is daar geleenthede, maar veral groot risiko’s sou die huidige globale ekonomiese probleme verdiep.

Verlede week se aankondiging deur die Federale Reserweraad in Amerika dat uitleenkoerse met 0,75%, die meeste in byna drie dekades, verhoog word, het tot ‘n skerp afname in aandelemarkte gelei. Die S&P 500-indeks van aandele het vanjaar reeds met 25% gedaal. 

Volgens ‘n peiling van die gesaghebbende Wall Street Journal voorspel meer ekonome nou ‘n resessie in die VSA as kort voor die finansiële krisis wat in 2007 uitgebreek het. Amerikaanse verbruikers verwag ook dat pryse nog vir lank kan aanhou styg en die meeste Amerikaners maak reeds planne om hulle eie besteding te verminder. 

Die daling in aandelepryse in die VSA oor die eerste vyf maande van 2022 was die skerpste daling  oor dieselfde periode vir die afgelope ses dekades. Ook kripto-geldeenhede soos Bitcoin se waarde het verlede week verder getuimel.

Die Nasionale Bank van Switserland se aankondiging verlede week dat hulle uitleenkoers ook verhoog word, het wêreldwyd ekonome verras en dui op duidelike kommer in Switserland oor die invloed van stygende pryse op die Switserse ekonomie. Die Bank van Engeland het ook verlede week rentekoerse vir ‘n vyfde keer verhoog. Die Europese Sentrale Bank het reeds bevestig dat rentekoerse in die Eurosone volgende maand sal styg.

Met rentekoerse wat in lande regoor die wêreld styg soos wat sentrale banke probeer om inflasie onder beheer te bring, neem die kanse op ‘n globale resessie ook toe. Ekonome in die VSA voorspel dat stygende pryse en hoër uitleenkoerse tot ‘n resessie teen die einde van die jaar in dié land kan lei. Inflasie, stygende rentekoerse en die moontlikheid van ‘n resessie is egter ook in baie ander lande ‘n groeiende moontlikheid. Verbruikerspryse het vanjaar reeds wêreldwyd met meer as 9%, die hoogste sedert die 1980’s gestyg. 

Die oorlog in Oekraïne het reeds ‘n globale tekort aan verskeie natuurlike hulpbronne en voedsel veroorsaak. Dit lyk toenemend of die oorlog nog lank, selfs jare, kan voortduur wat hierdie tekorte verder gaan vererger en die huidige hoë kommoditeitspryse in stand sal hou of selfs nog laat styg.

Die ernstige invloed van streng Covid-19 inperkingsmaatreëls in China die afgelope drie maande dra by tot globale ekonomiese uitdagings met voorsieningskettings wat versteur is. Stadiger ekonomiese groei, of selfs ‘n resessie, in die wêreld se grootste ekonomieë voorspel niks goed vir ekonomiese groei in ontwikkelende lande soos Suid-Afrika nie. Hoë kommoditeitspryse en ‘n stygende vraag na spesifieke produkte wat reeds in Suid-Afrika vervaardig word, hou geleenthede vir ons land in en kan die regering se inkomste heelwat laat styg. 

Stygende inflasie en ‘n resessie in lande soos die VSA, China, Brittanje en Duitsland hou egter heelwat meer risiko’s vir Suid-Afrika in. Dit is noodsaaklik dat Suid-Afrikaners die risiko’s van ‘n moontlike globale resessie nou reeds begin verreken. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Vloedgolf van slegte globale ekonomiese nuus


Luister nou

Volgende