Vloede saai verwoesting in die Oos-Kaap


Luister nou

Volgende

Vloede saai verwoesting in die Oos-Kaap

3 Junie 2024

President Cyril Ramaphosa het sy medelye betuig met diegene wat geliefdes verloor het weens die vloede wat tans die Oos-Kaap teister.

Foto’s en videos word tans wyd versprei van vloedskade in die Nelson Mandelabaai-metro, Buffalo City, Kariega en omliggende gebiede.

Volgens berigte is sewe mense dood en meer as 1 000 moes uit hulle huise ontruim word. In sommige berigte word die dodetal op 10 gereken.

Ramaphosa sê hy dink ook aan die naasbestaandes van diegene wat as vermis aangemeld is.

Hy sê mens besef opnuut die skade wat aangerig kan word weens natuurrampe. Volgens hom kan die skade opgelos word indien almal saamwerk.

Ramaphosa het owerhede in die Oos-Kaap bedank vir die werk wat hulle tot dusver gedoen het om die skade te probeer beperk.

Intussen sê die DA se Andrew Whitfield dat hy reeds kontak gemaak het met die Oos-Kaap se premier, Oscar Mabuyane om die gebied tot ‘n rampgebied te verklaar.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Vloede saai verwoesting in die Oos-Kaap


Luister nou

Volgende