26 September 2022
Die vliegtuigbrandstofvoorraad by die Kaapstad Internasionale Lughawe sal tans slegs tussen vier en ses dae hou.
Dit volg nadat slegte weerstoestande veroorsaak het dat ‘n versending van vliegtuigbrandstof nié afgelewer kon word nie.
Die lughawensmaatskappy het intussen versoek dat lugrederye hul brandstofinname vanaf Kaapstad sal verminder.
Die streekhoofbestuurder van die lughawe, Mark Maclean, het aan News24 gesê dat hierdie stap gedoen is in ‘n poging om ‘n groter voorraadbuffer oor die volgende vyf tot sewe dae op te bou.
Volgens hom sal dit help keer dat die brandstofvoorraad klaar raak voor die volgende versending van vliegtuigbrandstof aan die einde van die week afgelewer word