22 Augustus 2022
Lugrederye waarsku dat vliegtuigkaartjies dalk binnekort nog duurder gaan word, weens die stygende prys van brandstof.
Brandstof maak tans helfte van die bedryfskoste vir vlugte uit, waar dit in die verlede slegs 30% was. In die afgelope jaar het die prys van vliegtuigbrandstof met nagenoeg 220% toegeneem.
Die lugredery Flysafair se hoofbemarkingsbeampte Kirby Gordan sê lugrederye het tot dusver hul boeke laat klop, omdat kaartjies duurder was weens ‘n hoër vraag.
Gordan sê die bedryf het gestabiliseer na Comair se ondergang, maar waarsku dat kaartjies nie binnekort goedkoper gaan word nie.