Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Vlieg in die sewende hemel met FlySafair se R9-kaartjies

29 April 2023

Die lugdiens, FlySafair beplan om sy negende verjaarsdag op ‘n baie spesiale manier te vier deur spotgoedkoop kaartjies te verkoop vir eenrigting-vlugte tussen Mei en November 2023. 

As deel van sy verjaarsdagvieringe gaan die lugdiens 50 000 eenrigtingkaartjies ter waarde van R9 verkoop. Volgens FlySafair word lughawebelasting by dié prys ingesluit.

Dit is nog onduidelik presies van wanneer af die kaartjies verkoop gaan word, maar FlySafair het mense aangemoedig om die lugdiens se sosiale media-platforms dop te hou vir meer inligting.

FlySafair se eerste vlug het op 16 Oktober 2014 plaasgevind. Ter viering van sy eerste verjaarsdag is 30 000 kaartjies teen R1 elk verkoop. Met elke verjaarsdag gaan die prys van kaartjies met R1 op. Dus het kaartjies in 2022 R8 elk gekos.

FlySafair bied tans 150 vlugte per dag na die land se grootste stede asook Zanzibar en Mauritius.

https://twitter.com/FlySafair/status/1652160779691470850
https://twitter.com/FlySafair/status/1651798391989448704

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Pieter_Groenewald

3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Ander Nuus Artikels

Joe-biden-scaled
Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer
b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende