30 Junie 2021
Die organisasie Vinpro – wat nagenoeg 2600 produsente, wynkelders en ander wyn-verwante ondernemings verteenwoordig – het hom op ‘n dringende basis tot die hof gewend om die verbod op wynverkope in die Wes-Kaap op te hef.
Die uitvoerende hoof van Vinpro, Rico Basson sê die jongste verbod volg op 19 weke waarin inkomste die afgelope 15 maande verlore gegaan het.
Volgens Basson het die regulasies ‘n verwoestende uitwerking op die wyn- en toerismebedryf wat nagenoeg 270 000 mense in diens het.
Hy sê meer as 80% van die 529 wynkelders is klein tot medium ondernemings wat direk afhanklik is van kleinhandelverkope aan die publiek.
Basson sê hoewel wynuitvoere steeds toegelaat word, behels dit minder as die helfte van die mark.
Die saak sal op 2 Julie aangehoor word