18 Januarie 2023
Vier vermeende vragmotorkapers is doodgeskiet en twee ander in hegtenis geneem ná ‘n skietgeveg met wetstoepassers in Midrand.
Kolonel Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê ‘n multidissiplinêre span het die verdagtes in ‘n beplande vragmotorkaping onderskep nadat hulle ‘n wenk van die publiek ontvang het.
Die verdagtes se voertuie is op Olifantsfonteinweg in Glen Austin opgemerk en die verdagtes is in die daaropvolgende jaagtog en skietgeveg gedood.
Twee ander is op die toneel in hegtenis geneem nadat hulle vir ligte beserings behandel is.
Mogale sê die vragmotor wat in die verdagtes se visier was het elektroniese toestelle vervoer.
Daar is beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens en vier voertuie – waarvan die oorsprong nagegaan word.
FOTO: SowetonLive