11 Augustus 2022
Die polisie in Gauteng is op soek na vier verdagtes, nadat ‘n minibus-taxi-eienaar gisteraand (10 Augustus) by die Centurion Gholflandgoed raakgeskiet is.
Die aanvallers het na bewering na die landgoed se parkeerarea gery en op die 56-jarige taxi-eienaar losgebrand. Volgens die polisiewoordvoerder, kolonel Noxolo Kweza is die slagoffer verbonde aan ‘n taxi-vereniging in Pretoria.
Die taxi-eienaar het saam met ‘n vriend in sy voertuig gereis toe die verdagtes hulle by die veiligheidskompleks aangeval het. ‘n Veiligheidswag – wat die gebied patrolleer het – het op die verdagtes geskiet waarna hulle gevlug het.
Die polisie het bevestig dat AK47- en R5-patroondoppies op die toneel gevind is.