6 Desember 2021
Die netbalgemeenskap in Suid-Afrika is in rou gedompel na drie spelers en ‘n beampte die naweek oorlede is in ‘n busongeluk.
Die spelers was onderweg van die OR Tambo distrik in Umtata, na Kaapstad vir die nasionale netbal-kampioenskap, toe die bus waarin hulle gery het in ‘n ongeluk betrokke was naby Aberdeen.
Twee netbalspanne van die distrik het op die bus gereis. Volgens Netbal Suid-Afrika (NSA) is 25 ander insittendes na nabygeleë hospitale geneem.
Die president van NSA, Cecilia Molokwane het gistermiddag tydens ‘n mediakonferensie gesê dat die toernooi steeds voort sal gaan.
Our deepest condolences 💐 to all the families & @Netball_SA . Sport is expected to bring excitement & not Sadness. We cry with all the families and May God give you strength to go through these period. May Their Souls Rest In Peace. Our hearts are also with their teammates 😭💔 pic.twitter.com/8u0aXOVEiR
— SAWASF (@SA_WASF) December 6, 2021