17 Januarie 2022
Vier mense – drie vroue en ‘n man – is in Parys in die Vrystaat vir openbare geweld in hegtenis geneem.
Dit volg nadat die huis wat aan die familie van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se burgemeester, Victoria de Beer behoort, glo deur betogende inwoners aan die brand gesteek is.
Woedende inwoners het paaie met brandende bande en klippe afgesper en betoog teen ‘n gebrek aan water in die gebied.
Vrystaatse polisiewoordvoerder, sers Sinah Mpakane, sê die betogers het ook die R59 tussen Parys en Sasolburg versper.
Mpakane sê die toestand is steeds gespanne en dat die polisie se Openbare Orde-eenheid vir eers sal aanbly om dit dop te hou.