23 November 2023
Owerhede het vier grensoorgange tussen die VSA en Kanada tydelik gesluit nadat ‘n voertuig Woensdag by die Rainbow Bridge – wat die Verenigde State en Kanada by Niagara Falls verbind – ontplof het.
Die New Yorkse goewerneur, Kathy Hochul, sê die FBI se gesamentlike terrorismetaakspan is gemobiliseer om die voorval te ondersoek.
Verskeie nuuskanale het kort ná die voorval berig dat twee persone wat in die voertuig was in die ontploffing dood is terwyl een grenspatrolliebeampte beseer is.
Ooggetuies sê die motor het op die brugplein gejaag waarna dit deur ‘n heining – wat die inkomende bane van die uitgaande bane skei – gebars het voor dit in die inspeksiebane ontplof het.
Veiligheidsmaatreëls by lughawens en spoorweë in die streek is ook opgeskerp.
Foto – SkyNews