29 Oktober 2021
Vier mense, onder wie ‘n 15-jarige kind, is dood toe ‘n brand vanoggend uitgebreek het by ‘n vuurwapenwinkel in Glananda, suid van Johannesburg.
Volgens die ER24-woordvoerder, Russel Meiring is ‘n vyfde persoon kritiek beseer. Hy sê toe paramedici omstreeks 11:55 by die toneel aankom was brandbestryders reeds besig om te probeer om die brand onder bedwang te bring. “Verskeie ontploffings kon van binne die winkel gehoor word.”
Hy sê omstanders kon daarin slaag om drie mans, ‘n vrou en die jong seun uit die winkel te kry.
Volgens Meiring is twee mans, die vrou en seun egter kort daarna op die toneel oorlede. Die derde man is kritiek beseer. Die oorsaak van die brand word ondersoek.
Stem vir die Aitsa’s