Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Vier-dag-skietstilstand tussen Israel en Hamas binne 24 uur van krag

22 November 2023

Die regering van Katar sê die begin van die skietstilstand tussen Israel en Hamas sal binne die volgende 24 uur aangekondig word.

Die vier dag lange skietstaking is deur Katar bemiddel.

Volgens die ooreenkoms sal 50 persone wat deur Hamas militante gyselaar geneem is en in Gasa aangehou word, vrygelaat word.

Palestynse vroue en kinders wat in tronke in Israel aangehou word, sal ook vyrgelaat word, en humanitêre hulp sal die Gasa-strook kan binnegaan.

Die Amerikaanse president, Joe Biden het die ooreenkoms verwelkom, maar sê dit is baie belangrik dat alle aspekte daarvan nagekom moet word.

LEES OOK: RAMAPHOSA WIL HÊ STRAFHOF MOET ISRAEL VIR OORLOGSMISDADE ONDERSOEK

Die Suid-Afrikaanse parlement het intussen gister ‘n mosie deurgevoer, wat ‘n beroep doen op die regering om sy diplomatieke bande met Israel op te skort.

Die VF Plus se doktor Corné Mulder sê die besluit is uiters kortsigtig, nie in belang van Suid-Afrika nie en sal die land toenemend isoleer.

Hy sê dit maak ’n bespotting van die ANC-regering en president Cyril Ramaphosa se sogenaamde pogings om deur gesprekvoering te help om vrede te beding in die voortslepende Midde-Oosterse krisis met een party wat nou onwelkom is in die gesprek.

Die DA sê ook indien die ANC ernstig is om vrede te bewerkstellig, sou hy by die onderhandelingstafel gebly het, en dit nie verlaat nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GrVQYSwWcAEQTk0

Johann Rupert en Ernie Els glo verantwoordelik vir Trump en Ramaphosa vergadering

GrYgh3mW8AA78LQ

Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies

Matriekeksamen

Onderwysdepartement stel raad saam om 30%-slaagsyfer te heroorweeg

GrWax5CXIAAmt93

Wraakpornografie is nou onwettig in die VSA na Trump ‘n wet onderteken

GrYgh3mW8AA78LQ

Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie

Ander Nuus Artikels

GraUysfXsAAcdKU
Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel
Geld-1
Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%
IMG-20220418-WA0228
Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante
GrVQYSwWcAEQTk0
Johann Rupert en Ernie Els glo verantwoordelik vir Trump en Ramaphosa vergadering
GrYgh3mW8AA78LQ
Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende