Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

VF Plus verwelkom hofuitspraak om publikasie van matriekuitslae toe te laat

18 Januarie 2022

Die VF Plus het vanoggend se hofbeslissing, dat die matriekuitslae wél in die media gepubliseer gaan word, verwelkom. 

Die VF Plus LP en hoofwoordvoerder oor basiese onderwys, dr. Wynand Boshoff sê hoewel verpersoonlikte massakommunikasie dit maklik maak om uitslae direk aan kandidate te verskaf, is daar steeds ʼn groot behoefte aan gepubliseerde uitslae.

LEES OOK: HOF BESLIS MATRIEKUITSLAE MAG GEPUBLISEER WORD

Hy meen benewens die feit dat dit vir matrikulante, hul familie en vriende belangrik is om hul eksamennommers en uitslae in die koerant te sien, is dit ʼn goeie refleksie van skole, distrikte en provinsies wat hard gewerk het om leerders te help om sukses te behaal.

AfriForum en Maroela Media het dié aansoek gebring. 

Boshoff sê vir elke positiewe emosie rakende matriekuitslae, is daar ook negatiewe emosies. Druipelinge, sowel as skole, distrikte en provinsies wat swak vaar, kan gepubliseerde matriekuitslae as ‘n vernedering beleef. “Die vraag ontstaan of dít nie die ware rede was vir die aanvanklike besluit om uitslae nié te publiseer nie en dat die Popi-wet bloot as verskoning voorgehou is.”

LEES OOK: UMALUSI KEUR MATRIEKUITSLAE GOED; ONDERSOEK ONREËLMATIGHEDE

Hy sê indien huiwering om matrikulante se privaatheid deur publikasie van die uitslae te skend wel die probleem was, is dit positief dat regsekerheid hieroor verkry is. 

In die tussentyd het die gehaltebeheerraad vir basiese onderwys, Umalusi, die uitslae van 2021 goedgekeur. Die uitslae word Donderdag, 20 Januarie gepubliseer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende