24 Januarie 2025
Die VF Plus herhaal sy oproep aan politieke partye in die parlement om saam te werk om die Onteieningswet, wat gister deur president Cyril Ramaphosa onderteken is, teen te staan.
In 2023 het die VF Plus reeds begin om partye te nader om, ingevolge artikel 80 van die Grondwet, die Grondwethof te versoek om die wet se grondwetlikheid te hersien.
Volgens artikel 80 kan een derde van die lede van die Nasionale Vergadering binne 30 dae ná die president se goedkeuring van ’n wet, die hof nader om dit ongrondwetlik te laat verklaar.
Volgens die leier van die party, dr Pieter Groenewald is dit noodsaaklik om eiendomsreg, as ’n fundamentele reg in enige demokrasie, te beskerm.