Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

VF Plus veroordeel “politieke inmengery” in Mej. Heelal-kompetisie

15 November 2021

Die VF Plus sê hy betreur die feit dat die ANC-regering op ‘n “ongevoelige wyse” die drome van Suid-Afrika se skoonheidskoningin, Lalela Mswane, wil verydel om aan die Mej. Heelal-kompetisie deel te neem.

Dr Corné Mulder, die VF Plus se woordvoerder oor internasionale betrekkinge en samewerking sê soos met krieket se “Black Lives Matter”-rasse-agenda, maak die regering en organisasies soos die Palestynse politieke party, Fatah, ʼn rasse-aangeleentheid van die internasionale skoonheidskompetisie omdat dit in Israel aangebied word.

LEES OOK: SA REGERING ONTTREK SY STEUN AAN MEJUFFROU HEELAL-KOMPETISIE

Suid-Afrika se minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa het sy rug op Mswane gekeer en gesê dat die regering sy steun aan Suid-Afrika se deelname aan die Mej. Heelal-kompetisie onttrek weens die “gruweldade en rassisme” van Israel teen die Palestyne.

Mulder sê dit is ironies dat Mswane self reeds aangedui het dat sy in haar jaar as Mej. Suid-Afrika wil fokus op een van die maatskaplike euwels wat die ANC-regering in haar eie land geskep het, naamlik werkloosheid met die armoede, desperaatheid en misdaad wat daarmee gepaard gaan.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende