23 Julie 2021
Die VF Plus in Mpumalanga sê hy is uiters bekommerd oor die tekort aan polisievoertuie in dié provinsie en veral in die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit wat ʼn gebied van meer as 27-duisend vierkante meter bedien.
Die VF Plus se provinsiale leier in Mpumalanga, Werner Weber sê die party het reeds etlike maande gelede vrae gerig aan Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, waarin ‘n verduideliking gevra word aangaande die kritieke tekort aan polisievoertuie in die provinsie.
Dit het gevolg nadat die VF Plus om hulp genader is om die tekort aan polisievoertuie onder die aandag van Mpumalanga se wetgewer te bring.
Weber meen Verskeie polisie-eenhede het voertuie wat vir weke lank in die werkswinkel staan om herstel te word wat daartoe lei dat daar gereeld net een of twee voertuie per eenheid beskikbaar is om misdaad te beveg.
In Ehlanzeni is daar luidens mediaberigte tans sowat 40 polisievoertuie wat weens meganiese probleme by die polisie-werkswinkel in Mbombela/Nelspruit staan.
Weber sê die VF Plus wou met ʼn vorige vraag by die LUR weet hoe dit moontlik is dat die voormalige provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal, Mondi Zuma, toegelaat is om 13 superluukse voertuie soos onder meer BMW’s aan te koop vir R7,4 miljoen pleks van die geld te bestee aan betroubare vlootvoertuie vir die onderskeie polisie-eenhede.
Volgens Shongwe is die voertuie aangekoop as vlootvoertuie wat vir enige noodgeval gebruik kan word. “Dit is egter nie die geval nie.”
Hou Afrikaans op die lug