1 Oktober 2021
Die VF Plus sê die beste bedoelings van die inperkingsmaatreëls kan nie meer opgeweeg word teen die rampspoedige en tragiese gevolge van ʼn gebroke ekonomie en toenemende werkloosheid nie.
Die party se leier, dr. Pieter Groenewald sê die land staar ʼn “vulkaniese uitbarsting van geweld in die land in die gesig, gevoed deur hongersnood en armoede.”
Hy sê een manier om dit om te keer, is om dadelik enige vorm van inperking op die ekonomie te laat vaar.
“Kenners is selfs van mening dat die gevolge van natuurlike immuniteit tesame met die aantal inentings tot dusver reeds ʼn volgende vlaag infeksies kan voorkom. Die siekte het tot nou toe ook nie die rampspoedige gevolge in Suid-Afrika gehad soos wat aanvanklik voorspel is nie,” meen Groenewald.
LEES OOK: RAMAPHOSA: “INENTINGSERTIFIKATE WORD BINNEKORT UITGEREIK”
Hy sê die jongste syfers van Statistieke Suid-Afrika (Augustus 2021) wys die werkloosheidskoers het nou tot 34,4% toegeneem (teenoor 32,6% die vorige kwartaal). Dit verteenwoordig sowat 600 000 mense.
“Anders as in ander lande met sterker ekonomieë, is hierdie groeiende miljoene werkloses die ware tragedie van Covid-19 in Suid-Afrika.”
Groenewald sê die land se kiesers moet saam staan om van die ANC ontslae raak sodat die ekonomie weer opgebou kan word.
Stem vir die Aitsa’s