28 Januarie 2025
Die VF Plus gaan die optrede van sy raadslid in die Swellendam munisipaliteit, Juan van Schalkwyk ondersoek, nadat hy gister saam met die ANC gestem het om die burgemeester, Francois du Randt, te verwyder.
Die leier van die VF Plus, dr Pieter Groenewald sê van Schalkwyk se optrede is teen ‘n besluit van die VF Plus dat die party nie saam met die ANC sal stem in ‘n wantrouemosie van hierdie aard nie.
Die gebeure in Swellendam kom te midde van ‘n samewerking-stabiliseringspakt vir die Wes-Kaap tussen die VF Plus en die DA, wat nog gefinaliseer moet word.
‘n Nuwe burgemeester sal Maandag in Swellendam verkies word.