20 Januarie 2022
Die VF Plus het die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit – wat Hennenman, Odendaalsrus en Welkom insluit – op terme geplaas om binne sewe werksdae terugvoer te gee rakende die vermiste burgemeestersketting.
Die munisipaliteit swyg oor waar die ketting tans is.
Dit is nie duidelik of die voormalige burgemeester van Matjhabeng, Nkosinjani Speelman, die ketting aan die munisipaliteit terugbesorg het nie.
Alhoewel die burgemeestersketting van onmeetbare historiese waarde is, is die ketting na raming sowat R20-miljoen werd.
Die ketting bevat onder meer stukke goud uit elke skag in die goudveld.
Indien daar nie betyds opgetree word nie, sal die VF Plus – namens die inwoners – ‘n klag by die polisie indien.