Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

VF Plus-kandidaat met fopfoto “beswadder”

19 Mei 2021

‘n Gemanipuleerde foto van die VF Plus se kandidaat in die tussenverkiesing in wyk 44 in Pretoria is vanaf ‘n Facebookblad versprei wat na alle waarskynlikheid geskep is met die doel om dié kandidaat se naam te beswadder.

Dié foto beeld vir Nick Pascoe in ‘n EFF-hemp uit. Die foto wat egter gebruik is, is die van Cobus Roode wat in aanloop tot die 2014-verkiesing by die EFF aangesluit het.

Foto: Verskaf

Pascoe was nooit `n lid van die EFF nie. Die plasing, waarin gevra word hoe lank Nick die gemeenskap gaan verteenwoordig voor hy “weer na `n ander party oorloop” is die enigste plasing op dié blad. Die plasing is ook geborg (sponsor) wat beteken dat daar geld bestee is om die plasing ‘n groter reikwydte te gee. Die Facebookblad is intussen gesluit.

‘n Woordvoerder van die Vryheidsfront Plus, Wouter Wessels sê diegene wat hiervoor verantwoordelik is pleeg baie vuil politiek.

Hy meen dit is duidelik dat dit ‘n gemanipuleerde foto is. “Die VF Plus groei en ons opponente raak bekommerd. Opponente sal nie geld bestee indien hulle nie die VF Plus as ‘n bedreiging gesien het nie”.

Die oorspronklike foto. Foto: Verskaf.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

SPUTLA

“Onverwagte beurtkrag sal nie Eskom se positiewe wintervooruitsigte verander nie”

panyaza-lesufi5

Lesufi vra om verskoning aan kankerpasiënte vir vertragings in behandeling

cyril17

Ramaphosa: “Suid-Afrikaners wat na Amerika vlug is lafaards”

The,Increase,In,Unemployment.,News,In,The,Newspaper,On,The

“SA gaan onder werkloosheid gebuk, RNE skitter in sy afwesigheid”

Young,Business,Woman,Holding,Sign,Looking,For,A,Job

Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe

Ander Nuus Artikels

unie
Nuuskommentaar: Toenemende ekonomiese kommer en onmin in RNE – ’n gevaarlike kombinasie
KLEUTERZONE2
Kleuterzone finaal gelikwideer
Gq14MbTXkAAAZ6O
“Ramaphosa verantwoordelik vir Afrikaner-uittog”
SPUTLA
“Onverwagte beurtkrag sal nie Eskom se positiewe wintervooruitsigte verander nie”
panyaza-lesufi5
Lesufi vra om verskoning aan kankerpasiënte vir vertragings in behandeling

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende