Saterdag met Pieter

Saterdae
11:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

VF Plus gereed vir opposisierol in die Tshwane-metro

18 Oktober 2024

Die VF Plus sê hy is gereed om sy opposisierol in die Tshwane-metro te vervul en sal nie deel vorm van die regerende ANC-,EFF- en ActionSA-koalisie nie.

Die VF Plus-raadslid in die Tshwane-metro, Grandi Theunissen sê die party sal wel een van sy raadslede beskikbaar stel om as voorsitter van die metro se openbare rekeningekomitee (MPAC) te dien.

Theunissen sê die VF Plus is daartoe verbind om korrupsie en die wanbestuur van belastingbetalersgeld te beveg en as voorsitter van MPAC sal dit die party meer tande gee om sy waghondrol te vervul.

Die party beklee tans as opposisie vyf voorsittersposte van artikel 79-oorsigkomitees. Raadslede van ander opposisiepartye, insluitend dié van die DA, dien ook steeds as voorsitters van sekere oorsigkomitees.

“Indien die nuwe regerende koalisie besluit om die bestaande voorsitters te vervang, sal die VF Plus steeds as gewone komiteelede in die beste belang van Tshwane se inwoners optree,” sê Theunissen.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Saterdag met Pieter

Saterdae
11:00 - 16:00

Luister nou

Volgende