12 November 2021
Die VF Plus het ‘n dringende skrywe gerig aan Mpumalanga se premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, en die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Semakaleng Manamela, waarin gevra word om dringend in te gryp in die toenemende humanitêre krisis en eskalerende geweld in Middelburg.

Munisipale amptenare in die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit staak sedert September oor onder meer die uitkontraktering van dienste en salarisverhogings. Dié munisipaliteit bedien Hendrina, Middelburg, Pullens Hope, en Rietkuil.
Die VF Plus-lid van die provinsiale wetgewer in Mpumalanga, Werner Weber sê die situasie het intussen uitgebrei tot ʼn veiligheid- en humanitêre krisis.
Hy sê stakende amptenare bestook verkeersbeamptes se huise met petrolbomme, vullis word nie verwyder nie en watertoevoer na inwoners word gesaboteer. Kragkabels word ook beskadig en werkers wat opdaag vir werk word geïntimideer en gedreig.
“Ons het ook ʼn klag by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien om die skending van menseregte in die munisipaliteit te ondersoek,” sê Weber.
Stem vir die Aitsa’s