VF Plus: “Belastingbetalers gestraf vir onbevoegdheid van Emfuleni-munisipaliteit”


Luister nou

Volgende

VF Plus: “Belastingbetalers gestraf vir onbevoegdheid van Emfuleni-munisipaliteit”

3 September 2021

Die VF Plus sê in ‘n verklaring dat belastingbetalers – volgens hulle – weer gestraf word vir die wanbestuur van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit nadat die hof gister aan Eskom ’n summiere vonnis van R1,3-miljard teen die munisipaliteit toegestaan het.

Die bedrag is deel van Emfuleni se historiese skuld van R1,9-miljard aan die kragvoorsiener wat sedert 2019 opgehoop het. Die munisipaliteit se skuld aan Eskom tot op hede is R3,5-miljard.

Die VF Plus-raadslid in die munisipaliteit, Gerda Senekal sê dit is onwaarskynlik dat Emfuleni die geld sal kan betaal aangesien hy nie eers die vorige terugbetalingsooreenkomste aan Eskom kon eerbiedig nie.

Eskom het in Maart 2016 ʼn hofbevel bekom vir ʼn uitstaande rekening van meer as R600-miljoen. In 2020 het Eskom op die munisipaliteit se roerende bates beslag gelê waarna ooreengekom is dat Emfuleni R183-miljoen per maand sal betaal om sy skuld aan Eskom te verminder.

Senekal meen die Emfuleni-munisipaliteit, wat deur die Gautengse regering onder gedeeltelike administrasie geplaas is, word as een van die swakste munisipaliteite in die land gereken.

“Die munisipaliteit ontvang ʼn gemiddelde inkomste van R350-miljoen per maand, maar die geld word aan krediteure betaal wat in die vorige finansiële jaar nie betaal is nie. Eskom se aanslag op Emfuleni is maar net die begin van skuldeisers wat op betaling aandring. Randwater se uitstaande rekening beloop R1,5 miljard,” sê Senekal.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

VF Plus: “Belastingbetalers gestraf vir onbevoegdheid van Emfuleni-munisipaliteit”


Luister nou

Volgende