Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

VF Plus bekommerd dat tydelike herstelwerk aan N12 verval van infrastruktuur kan vererger

18 Maart 2022

Die VF Plus is bekommerd oor die negatiewe impak wat die tydelike herstelwerk aan die N12 in Wolmaransstad op die padinfrastruktuur sowel as ander infrastruktuur kan aanrig.

Die party sê daar word tans groot hoeveelhede rooigrond aangery om die padoppervlak te kompakteer.

Die VF Plus-LP en provinsiale leier in Noordwes, Michal Groenewald sê hierdie grond is geensins geskik vir padoppervlaktes nie, veral nie in ʼn dorpsgebied nie. Hy meen dit vererger die stofprobleem waarmee inwoners en plaaslike sakelui reeds mee te kampe het.

Volgens Groenewald het plaaslike ondernemings reeds groot skade gelei en kostes aangegaan om hul toerusting en voorraad teen stofskade te beskerm.

“Indien dit sou reën, sal hierdie pad ook bloot in ʼn moddersloot verander met groot hoeveelhede grond wat in die stormwaterstelsel beland. Dit sal veroorsaak dat die stelsel verder toeslik en strate tydens reënbuie in riviere verander.”

Die VF Plus het sy kommer teenoor die minister van vervoer, Fikile Mbalula, geopper en hy het onderneem om aandag aan die situasie te gee en die VF Plus op hoogte van enige terugvoer te hou.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.

Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op

Screenshot 2025-05-13 105216

68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap

Screenshot 2025-05-13 091435

49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom

Repliek

Van Wiskunde tot werk

GRVyh6TbEAAnjIT

Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar

Ander Nuus Artikels

cyril17
Ramaphosa: “Suid-Afrikaners wat na Amerika vlug is lafaards”
The,Increase,In,Unemployment.,News,In,The,Newspaper,On,The
“SA gaan onder werkloosheid gebuk, RNE skitter in sy afwesigheid”
Young,Business,Woman,Holding,Sign,Looking,For,A,Job
Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe
Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.
Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op
Screenshot 2025-05-13 105216
68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende