4 Oktober 2022
Die vervoervakbond, Untu het ‘n 48 uur kennisgewing aan Transnet uitgereik oor hulle voorneme om te staak.
Die vakbond sê in ‘n verklaring dat Transnet na maande se loon-onderhandelinge steeds met geen redelike aanbod vorendag gekom nie.
Untu sê die onderhandelinge vir salarisverhogings moes reeds in Februarie begin, maar is aanhoudend deur Transnet uitgestel. Volgens die organisasie het die onderhandelinge eers in Junie begin – twee maande nadat die salarisverhoging reeds in werking moes tree.
Transnet se eerste aanbod was ‘n 1% salarisverhoging vir alle werknemers, maar Untu meen dat Transnet géén aanbevelings van arbeidsorganisasies in ag geneem het nie. Die spoordiens bied nou 1,5% aan.
Untu sê hulle sal nie die aanbod aanvaar nie, en meen dit is ‘n klap in die gesig van werknemers.
“‘n Staking is altyd die laaste opsie, maar in die geval word die regte van Transnet-werknemers geskend.”