Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Vertonings duur voort ná Kaplyn-akteur inmekaarsak

14 Mei 2023

Die Kaplyn blyspel het vandag soos beplan voortgegaan nadat een van die akteurs gisteraand agter die verhoog by die AfriForum Teater inmekaar gesak het. 

Volgens Die Kaplyn se regisseur en skrywer, Jannes Erasmus was Ilán van Staden se hartklop ná die eerste helfte van een van die vertonings abnormaal hoog. Hy vertolk die rol van Ben junior. 

Erasmus het in ‘n verklaring op sy Facebook-blad gesê dat hy deur een van die akteurs gebel is nadat Van Staden inmekaar gesak het. Toe hy agter die verhoog kom, was almal besig om vir hom te bid. 

Volgens Erasmus was Van Staden se hartklop meer as 200 slae per minuut. “Ons het ‘n mediesebeampte, wat in die gehoor was ontbied. Hy sê na 20 minute het hulle besluit om nie voort te gaan met die tweede helfte van die vertoning nie, al wou Illan voortgaan.

“Die gehoor het baie empatie gehad. Een van die mans in die gehoor het selfs sy hand opgesteek en gevra of hulle vir Illan kan bid.” Volgens Erasmus het Van Staden se toestand vinnig verbeter, daarom is die besluit geneem om met vandag se vertonings voort te gaan.

“Ons sal binnekort ’n alternatiewe datum identifiseer vir gisteraand se gehoor, om die vertoning klaar te kan kyk.”

Illan het vroeër vandag in ‘n verklaring al sy mede-akteurs, Die Kaplyn se regisseur en die gehoor bedank wat vir hom gebid het. “Die Here se genade was groter as enige teenslag wat kon kom.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Julius-Malema6

Britse hoë kommissaris in SA sê jammer vir EFF oor visum

Charlotte

Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal beleef glo voedseltekort

LISENSIE-2

SA se enigste rybewys-drukker dalk binnekort herstel

GqNVwjBWcAANx_z

“Ons sal transformasie in hul kele afdwing,” sê minister

GqVSQ0XXsAEMZ2w

Spanning tussen Indië en Pakistan loop hoog

Ander Nuus Artikels

pretoria
“Pretoria die land se veiligste stad, ‘n bewyse van ActionSA se vordering”
NDLOVU
Liggame van vermiste joernalis en sy vriendin gevind
319513481_900220214320987_5607893274331118530_n
SAPU veroordeel polisiekomitee voorsitter se uitlatings oor BBP-lede
Julius-Malema6
Britse hoë kommissaris in SA sê jammer vir EFF oor visum
Charlotte
Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal beleef glo voedseltekort

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende