27 Oktober 2021
Die media-maatskappy, Independent Media het die departement van gesondheid en staatshospitale van die “onwettige handel in babas” beskuldig.
Dié mediagroep het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou om sy finale verslag bekend te maak oor die omstrede, sogenaamde Tembisa-tienling. Pretoria News het vroeër vanjaar ‘n berig gepubliseer oor die 37-jarige Gosiame Sithole, wat glo in Junie 2021 geboorte geskenk het aan die tien babas.
Volgens die maatskappy se voorsitter, dr. Iqbal Survé het Sithole wel aan 10 babas geboorte geskenk, maar meen twee is dood weens mediese-nalatigheid. Hy sê die babas is deur ‘n Nigeriese dokter ontvoer “wat ‘n weerlose, arm vrou geteiken het.” Survé voer aan dat ‘n sogenaamde sindikaat van onwettige baba handel toegesmeer word.
‘n Televisie-reeks oor dié gebeure asook die name van die betrokke partye sal oor die volgende 12 weke uitgesaai word.
Intussen het die Lenmed-Groep teruggekap na die bewerings dat die tienling in dié groep se Zamokuhle Privaat-hospitaal gebore en later oorgeplaas is na die Tembisa Hospitaal.
Die Lenmed-Groep het benadruk dat hy geen rekord daarvan het dat Sithole op enige stadium aan enige kind of kinders geboorte geskenk het – by enige van sy hospitale nie.
Stem vir die Aitsa’s