12 September 2023
1 402 plaasaanvalle en plaasmoorde in tussen 2019 en 2022 by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld, maar slegs in 66 van dié gevalle was daar skuldigbevindings.

Dit beteken dat meer as 95% van al dié gruweldade steeds onopgelos is. Dit luidens ‘n AfriForum-verslag wat vanoggend bekendgemaak is.
Die verslag toon onder meer dat geen enkele suksesvolle vervolging van plaasmoorde in die ondersoektydperk in Gauteng, Mpumalanga, Noordwes of die Noord-Kaap gemaak is nie.
Johan Nortjé, AfriForum-navorser en samesteller van dié verslag getiteld Rural injustice: The low prosecution rates for farm attacks and murders sê ondanks die SAPD se Nasionale Strategie vir Landelike Veiligheid (NSLV), wat in 2019 geïmplementeer is, is daar steeds min tot geen vervolging as dit by plaasaanvalle kom.

Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid sê swak ondersoekwerk, ondoeltreffende vervolgings en ’n duidelike onbereidwilligheid van die regering om landelike veiligheid en plaasaanvalle in die besonder te takel, is waarskynlik die rede vir dié bevindinge.
Hy sê die verslag bied ook nou vir die eerste keer ’n blik op die nasionaliteit van plaasaanvallers, wat in hegtenis geneem is. “Die oorgrote meerderheid van aanvallers wat in hegtenis geneem word is dikwels Suid-Afrikaners en nie buitelandse burgers soos wat dikwels deur party aangevoer word nie,” sê Broodryk.
Kry hier die volledige verslag.
