14 Februarie 2023
Die aantal leerlinge wat nie met begrip kan lees nie, is steeds nie besig om af te neem nie.
Dit is die bevindinge wat in die 2030 Leespaneel-verslag gemeld word waar kommer oor die basiese onderwyssektor uitgelig word.
Onder voorsitterskap van Phumzile Mlambo-Ngcuka, is die 2030 Leespaneel byeengeroep vir sy jaarlikse konferensie om die kritieke kwessie van geletterdheid in Suid-Afrika uit die weg te probeer ruim.
Die paneel bestaan uit agtien vooraanstaande Suid-Afrikaners en beoog om te verseker dat alle Suid-Afrikaanse kinders op 10-jarige ouderdom teen 2030 met begrip kan lees.
Die nuwe verslag beklemtoon dat slegs die Noord-Kaap, Oos-Kaap, Wes-Kaap en Gauteng programme op provinsiale vlak uitgerol het om begripslees te verbeter.